Jump to content

Brood en Botter resep


polly

Recommended Posts

Ek soek desperaat die Brood en Botter resep. Dit het weg geraak in die trek en die nuwe Kook en Geniet het die nie meer in nie.

k kan nie die hoeveelhede onthou nie:

brood,

melk,

eiers,

botter,

3/4 koppie rosyntjies

sout

Smeer die brood. Sny die brood in blokkies. Meng die suiker, sout, eiers en melk. Pak die brood in lae met die rosyntjies tussenin in 'n bak. Gooi die melk mengsel bo-oor. Sit in die oond.

Dis al wat ek kan onthou :(

Groot asseblief. Ek kry nie my ma in die hande om weer die resep te gee nie.

Link to comment
Share on other sites

Hier is 'n broodpoeding resep uit knuppeldik

4 eetl botter

3 k warm melk

3 eiers geklits

1/2 k suiker knippie sout

gerasperde skil van 1 suurlemoen of 5 ml vanielje essens

1 tl kaneel

4 snye brood 10mm dik en in blokkies gesny

Smelt die botter in die warm melk en meng met die eier, suiker, sout en geurmiddels

Rangskik die broodblokkies in 'n gesmeerde bakskottel gooi die eier en melkmengsel oor en bak 30 min in 'n matige oond !80 garde)

Broodpeoding met 'n verskil (baie lekker)

genoeg vir 6-8

2 k sagte broodkrummels

1 k karringmelk

fyn gerasperde skil van 1/2 lemoen

1 k lemoensap

40 ml margarien 8tl

1 k bruin suiker

2 eiers geklits

1/2 k koekmeel

2 ml sout

1 tl koeksoda

2 ml kaneel

1 ml gemengde spesery

1/2 k pitlose rosyne

100 ml gekapte okkerneute

meng broodkrummels, karringmelk, skil en sap goed saam en plaas eenkant.

Verroom margarien, bruin suiker. voeg geklitste eiers by en meng

Sif koekmeel, sout (koeksoda in bietjie melk opgelos), kanel en gemengde speserye goed saam en voeg by eiermengsel

Voeg broodkrummelmengsel, rosyne en neute by en meng

Skep in gesmeerde vuurvaste oodskottel en bak in voorverhitte oond 180 cir 35-45 of tot goudruin en gaar

Dien op saam room en vla

Lekker bak :(

Link to comment
Share on other sites

Hi polly

Hier is 'n resep uit my ma se ou Kook en Geniet. Hoop dit is waarna jy opsoek is.

Brood en Botterpoeding

4 snye ou witbrood, 1 tot 2 cm dik

Botter

2 eiers

62 tot 125 ml suiker

1 ml sout

750 ml melk

187 ml ontpitte rosyne

of

125 ml fyn klapper

Smeer die brood dik met botter

Rangskik die snye met die gesmeerde kant na onder in 'n vuurvaste bakskottel

Klits die eiers en voeg die suiker, sout en melk daarby

Strooi die rosyne of die klapper tussen die snye brood

Gooi die melkmengsel oor die brood en laat dit 30 minute lank staan

Sit die deksel van die bakskottel op en bak in 'n matige koel oond by 160 C. Verwyder die deksel na die eerste halfuur en bak totdat die poeding bo-op mooi bruin is.

Dien met bottersous op

LW kook 12,5ml kakao saam met die melk om sjokolade broodpoeding te maak.

As jy die sous resep soek laat weet my.

Wilma

Link to comment
Share on other sites

Plesier polly

Bly ek kon help. Nou weet almal waar om resepte uit die ou kook en geniet te kry. Dit is my 2 de belangrikste boek in die huis en die eerste boek wat ek gryp as ek in die kombuis vasbrand (gelukkig danksy die kook en geniet nie meer baie nie :ilikeit::ilikeit: )

Geniet die poeding.

Wilma

Link to comment
Share on other sites

Net 'n bietjie onbenullige nuus! Ek was op huishoudskool, en die skrywer van 'Kook en Geniet', S.J.de Villiers was die professor by Pretoria Universiteit wat al ons kookuns vraestelle opgestel het. Kook en Geniet was amper soos 'n kookuns bybel vir ons!

Link to comment
Share on other sites

Net 'n bietjie onbenullige nuus! Ek was op huishoudskool, en die skrywer van 'Kook en Geniet', S.J.de Villiers was die professor by Pretoria Universiteit wat al ons kookuns vraestelle opgestel het. Kook en Geniet was amper soos 'n kookuns bybel vir ons!

Nou weet ek hoekom die resepte ALTYD werk. Ek het regtig nog nie een van Kook en Geniet se resepte gemaak wat nie gewerk het nie. Manlief is baie vol £$£ as dit kom by kos. Toe ons getrou het was dit van hy eet nie die of daai of so nie. En plaat koekies en waffels kon niemand reg kry volgens sy smaak nie. Toe gee ma vir my haar boek en ek het letterlik die pad na my man se hart gekry met die plaatkoekie en waffel resepte. Om nie te praat van die Macaroni en Kaas en die poedings en die koeke en en en .

Ag nee, dit is 7 in die oggend en nou is ek sommer skreeu honger vir 'n waffel en roomys!!!!! :ilikeit:

Edited by VivaOZ
Link to comment
Share on other sites

Voordat ons uit SA weg is, het ek drie nuwe 'kook en geniet' boeke gaan koop. Een vir my wanneer my 'trougeskenk' van my Ma uitmekaar val, en een elk vir my twee seuns. Glo nie die oudste seun het al ooit syne oopgemaak nie, maar die jongste een geniet die resepte daaruit, saam met sy nuwe vroutjie.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...